|
Artéma is bevoorreg om reeds met ‘n paar vennote in die kunste-omgewing te kan saamwerk.
 | AARDKLOP NASIONALE KUNSTEFEES Artéma het reeds 6 kursusse vir Aardklop-personeel en hulle gemeenskapskomitee aangebied en is vanaf 2004 ‘n opleidingsvennoot van Aardklop. Vir meer inligting oor vanjaar se Aardklop, besoek gerus hulle webwerf by www.aardklop.co.za |  | ATKV Artéma is baie dankbaar teenoor die ATKV wat elke jaar 2 kursusse van die instituut borg sodat persone uit plaaslike gemeenskappe die kursusse kosteloos kan bywoon. Vir meer inligting oor die ATKV en hulle projekte, besoek gerus hulle webwerf by www.atkv.org.za |  | MAPPP-SETA Artéma is ‘n geakkrediteerde opleidingsverskaffer vir hierdie Seta en het reeds 3 leerderskapprogrgamme met hulle befondsing aangebied. Die 2008 program begin vroeg in Maart vanjaar. Vir meer inligting oor die Mappp-seta en die werk wat hulle doen, besoek gerus hulle webwerf by www.mappp-seta.co.za |  | ABSA KKNK NASIONALE KUNSTEFEES Artéma het reeds 4 opleidingskursusse in samewerking met die ABSA KKNK vir mense uit die Klein Karoo aangebied. Vir meer inligting oor die ABSA KKNK, besoek gerus hulle webwerf by www.kknk.co.za
|  | PANSA Artéma is ‘n geaffilieerde lid van PANSA (Performing Arts Network of South Africa) en beplan om in die toekoms baie nouer met die organisasie saam te werk. Vir meer inligting oor PANSA, besoek gerus hulle webwerf by www.pansa.org.za | | | |
|